Skilder Marie Smith

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpMeer oor MarieGebedGaleryGebeureCalviniaResepteNavraeKontakLiggingAlbumHantamhuisTankwaLittle Canyon

Updated: April 5, 2012 ** Opgedateer: 5 April 2012

Free Ads ** Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 
English

 

 

Calvinia

Lê die dorpie Loeriesfontien aan jou oostekant, Lambertsbaai by die Atlantiese oseaan aan jou westelike sy, Sutherland met sy bekende sterreprag aan die suide en die kragtige Hantamberge direk aan die noorde? Dan is jy waarskynlik in die pragtige dorp Calvinia.

Hierdie dorp, ryk aan geskiedenis, deurdrenk met kultuur en gevul met gemoedelike, hartlike vriendelikheid, is gestig in 1851 en vernoem na een van die groot leiers van die Hervorming, Johannes Calvyn.

Interessante besienswaardighede soos die Hantamhuis, die Calvinia Museum en die groot Blomposbus, is alles deel van die dorp. Met 'n aantal heerlike gastehuise en geboue soos die Boekehuis, vind die besoeker, toeris en kunstenaar aangename verblyf, ontspanning en tonne inspirasie.

Die omgewing is geseën met besondere natuurskoon. Met 'n klimaat wat baie warm en droog kan word in die somermaande en koue winterstye, is hierdie Karoogebied meer as uniek.

Teen die verwagting in, is daar 'n wonderlike veelsydigheid aan diere- en plantelewe wat nét in hierdie gebied voorkom. Plante soos die glansooggousblom, geelbotterblomme, aalwyne en kokerbome word in hierdie gulhartige plattelandse kontrei aangetref. Bloukopdrawwertjies, die vaalkorhaan (in Engels genoem Karoo korhaan), flaminke en groenbossangers is oa deel van die rykdom aan voëls en bakoorjakkalse, gemsbokke en erdvarke vind 'n tuiste in hierdie buitengewone landelike gebied.

Met al dié mooi dinge: Die besondere natuur, die Hantamberge wat in die somer gloei van hitte en in die winter soms 'n sneeubedekte kruin het en die gebied sprokiesagtig versier, vind die skilder, Marie Smith, groot inspirasie vir haar geloofslewe en vir die temas en inhoud van die pragtige taferele van haar skilderye. Sy het fyn aanvoeling vir subtiele kleurnuanses en die veelsydige atmosfeer van dié aspekte wat haar lewe beïnvloed en vind vreugde in die feit dat sy dit deur haar skildertalent kan deel.

 
Besoek Marie se Galery vir foto's van sommige van haar skilderye
Lees meer oor die kunstenaar, Marie Smith
Foto's van Calvinia se besienswaardighede
Meer oor Tankwa Nasionale Park
Little Canyon Staproetes
Marie se gunsteling resepte
Stuur gerus navrae of kommentaar
 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Meer oor Marie
Gebed
Galery
Gebeure
Calvinia
Resepte
Navrae
Kontak
Ligging
Album
Hantamhuis
Tankwa
Little Canyon

SitemapWerfkaart Home/TuisUp/OpMeer oor MarieGebedGaleryGebeureCalviniaResepteNavraeKontak LiggingAlbumHantamhuisTankwaLittle Canyon

ADSA: Owl in a tree

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

Free Ads
Gratis Advertensies

 ARK Web Design © 2012
ARK Webontwerp © 2012

dieknoop.info

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels


Bybel vir Aflaai

Download Bible

Bekering