Waar is Calvinia geleë?
Die landelike dorp Calvinia, is geleë suid
van die Hantamberge in die Noord-wes Kaap, in Suid-Afrika.
Dit is hoofsaaklik skaapboerdery-gebied. As
die Calvinia-omgewing 'n goeie reënjaar het, kry die boere oorvloedige
koringoeste. 'n Paar riviere word opgedam en gebruik om baie-baie groot
lusern landerye te besproei. Die lusernoeste kom handig te pas gedurende
die periodieke droë jare wat uiteindelik volg.
Calvinia, met sy oorwegend boerdery-gemeenskap,
is 'n kontrei met vele besondere geskiedkundige besoekpunte,
pragtige natuurtonele en warm, hartlike gasvryheid. Dit is ook die plek
waar die skilder, Marie Smith, werk en woon.
|
Kliek op 'n foto vir 'n
groter weergawe |
| |
|
|
 |
 |
| |
|
| Dankie aan
NASA vir die
foto's. |
|
Lees meer oor: |