Skilder Marie Smith

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpLiggingAlbumHantamhuisTankwaLittle Canyon

Updated: August 15, 2009 ** Opgedateer: 15 Augustus 2009

Free Ads ** Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 
English

 

 

Tankwa Nasionale Park

Die Tankwa-Karoo lê onder aan die voet van die Roggeveldberg en is vernoem na die rivier wat daar deurloop. Die Khoi-woord "tanqua" beteken glo "troebel waters", "droë rivierloop", "plek van die San" of "dorsland".

Wat die park so besonders maak, is dat jy oor 'n relatiewe kort afstand - skaars 50 km - 'n groot verskeidenheid plantegroei sien, en boonop lê dit binne die Vetplant-Karoo-biodiversiteitsbrandpunt. Hier sien jy vanaf 'n woestynlandskap tot ruie plantegroei aan die hange van die Roggeveldberg. Soos jy ry, sien jy hoe dit geleidelik verander.

Verskeie besondere voëls kan in hierdie kontrei raakgeloop word oa die skaars bloukopdrawwertjie. Dit is 'n paradys vir voëlkykers, omdat mens die meeste van die 18 voëlsoorte wat net in die Karoo voorkom, hier sien. Wees op die uitkyk vir die Ludwigse pou, Marie Smith se webwerf: Tankwa Nasionale Parkgroenbossanger, namakwalangstertjie, kaneelborssanger, priritbosbontrokkie, swartoorlewerik en die grootrooivalk. By die Oudebaaskraaldam is daar flaminke te siene en ook bontelsies, kopereende en vaalkorhane.

Diere wat moontlik teengekom kan word is Kaapse bergkwaggas, springbokke, gemsbokke, rooihartbeeste, bakoorjakkalse en erdvarke.

Die atmosfeer is rustig en daar is velerlei om te ontdek. Jy vind daar vriendelike gasvryheid, besondere natuurtonele, pragtige oop blou lug en bo alles, rus vir jou siel.

Vir meer inligting oor hierdie wonderlike gebied, huisvesting, en so meer, stuur gerus 'n Navraag of skakel Tel: 027 341 1927. (Suid-Afrika)

 
Besoek Marie se Galery vir foto's van sommige van haar skilderye
Lees meer oor die kunstenaar, Marie Smith
Marie se gunsteling resepte
Stuur gerus navrae of kommentaar
 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Ligging
Album
Hantamhuis
Tankwa
Little Canyon

SitemapWerfkaart Home/TuisUp/OpLiggingAlbumHantamhuisTankwaLittle Canyon

ADSA: Owl in a tree

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

Free Ads
Gratis Advertensies

 ARK Web Design © 2009
ARK Webontwerp © 2009

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels


Bybel vir Aflaai

Download Bible