Skilder Marie Smith ontwerp deur ARK Webontwerp

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpMeer oor MarieGebedGaleryCalviniaResepteKontak

LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief.
Die inhoud is laas in 2012 opgedateer
NB: This site is part of ARKpark's archive.
The content was last updated in 2012

 
 Revised: February 7, 2023 ** Hersien: 7 Februarie 2023

 

    

 
English

 

 

Meer oor Marie Smith

Ontmoet Marie Smith, 'n Christen-kunstenaar wat pragtige skilderye met unieke tonele vanuit die Hantam-omgewing skep.

 

Hantamgebed

Maak my kalm, Here
Laat my benoude hartklop tog bedaar
Kalmeer my gemoed
Vertraag die dolle pas van my lewe-
My lewe, so 'n klein ratjie in die magtige gang van die tyd.
U sien die spanning wat ek vir niemand anders wil wys nie,
Die bekommernis oor -- waaroor tog alles!
Maak dit stil in my, sodat my siel die musiek van die natuur kan hoor
En die skoonheid daarvan vrede binne-in my kan bring
Dat my bewende hande kan saamvou,
Dat my gespanne spiere kan ontspan.
Help my dat ek weer diep en onbesorg kan slaap,
Met die wete en die kinderlike geloof dat U sal sorg.
Leer my die kuns om kort-kort tot rus te kom
Miskien om 'n beddinkie blomme te bewonder,
Om 'n hond te streel, lekker te sit en lees
En te lag en te speel met die wat ek liefhet!
Maak my kalm, Here
Dat ek nie in my so belangrike program
die ręrig waardevolle dinge verbyjaag nie.
Laat my opkyk,
dat die besef van U grootse Ewigheid my kan oorweldig
My tot 'n stadiger pas kan bring
En my U Vrede kan gee
AMEN

 

 

Met my skilderwerk probeer ek om die vrede en  rustigheid wat net in die natuur toegevou is, weer te gee. Ek waardeer die wortels waaruit ek stam.

Elke keer wanneer ek 'n ou murasie sien, dink ek daaraan met hoeveel drome en verwagtinge dit eenmaal opgerig is, hoeveel lief en leed van sy inwoners vasgevang lę tussen die rommel, wat die oorsaak was dat die huis verlaat is en daar nou nog net 'n paar klippe hier en daar opmekaar is.

Ek luister so graag na die stem van die natuur. In die stilte hoor ek God se stem, ook in die wind en in die gesuis van die reëndruppels wat val.

Wanneer ek na die Hantamberge op my geboortegrond kyk, dink ek daaraan: Hoeveel keer het my voorgeslagte na dieselfde grys berge gekyk en dan wonder ek of dit vir hulle ook so mooi was. Sekerlik ja!

Met die tyd wat nou al vir my ook aangestap het, kom ek al meer tot die besef hoe nietig en verganklik ons is, want soos elkeen van hulle na die berge en veld rondom hulle gekyk het en gewonder het, so doen ek dit ook vandag, en oor vyftig of honderd jaar sal my nageslag waarskynlik weer so oor my wonder.

Ek het na my aftrede begin skilder, omdat dit nog altyd 'n obsessie by my was, maar die tyd daarvoor telkens ontbreek het. Nou is dit vir my wonderlike terapie.

Na ons aftrede het ons paaie maar weer teruggelei na ons geboortegrond - Calvinia, wat reg onder die Hantamberge nestel. 'n Stuk van die berg was deel van ons aftreeplasie, Akkerendam, maar vandag woon ons rustig op die dorp en geniet elke oggend en aand die wonder van God se meesterstukke.

 

(Kliek duimnael vir groter weergawe)

 

Marie Smith se webwerf: Majestueuse Hantamberge
Majestueuse Hantamberge

Marie Smith se webwerf: Marie se pragtige skaaphond
Marie se pragtige skaaphond

   
 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Meer oor Marie
Gebed
Galery
Calvinia
Resepte
Kontak

SitemapWerfkaart Home/TuisUp/OpMeer oor MarieGebedGaleryCalviniaResepteKontak

ARK: Owl in a tree * ARK Uii in 'n boom

 

Kaleidoskoop

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

ADSA Klein Advertensies

 

swallowsoftware.arkpark.net
 Calgary Alberta

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bekering

'n Christen ...

Bybelteks

Bible Text