Skilder Marie Smith ontwerp deur ARK Webontwerp

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpMeer oor MarieGebedGaleryCalviniaResepteKontak

LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief.
Die inhoud is laas in 2012 opgedateer
NB: This site is part of ARKpark's archive.
The content was last updated in 2012

 
 Revised: February 7, 2023 ** Hersien: 7 Februarie 2023

 

    

 
English

 

 

'n Resep eie aan Calvinia en so reg uit die Hantam-kontrei.

Skuinskoek

Bestandele:

5 Kg koekmeel
500 g Stork (bak) margarien
5 Koppies suiker
5 Teelepels sout
5 Pakkies kitssuurdeeg
35 g Anys
1 Kg "Wooden Spoon"
2 Bottels bakolie (om die skuinskoek in te braai)

Metode:

1. Smelt margarien
2. Los suiker en sout op in genoeg warm water om 'n redelik slapperige deeg te maak.
3. Meng kitssuurdeeg, anys en koekmeel.
4. Voeg die watermengsel by die droë bestanddele en knie baie goed. Die deeg moet maklik kan uitrol.
5. Voeg die gesmelte margarien by en knie weer baie goed.
6. Laat rys tot dubbel die hoeveelheid.
7. Rol die deeg uit tot omtrent 2 cm dik.
8. Sny in repe 4 cm breed, en sny blokkies van 5 cm. Elke blokkie is dus 4 x 5 x 2 cm.
9. Verhit olie-en-vetmengsel baie goed.
10. Braai tot ligbruin. Roer gedurig met 'n spaan om 'n egalige bruin kleur te verkry.
 

 

Marie se Volkoringbeskuit

Hierdie beskuit is regtig baie maklik en vinnig om te maak en boon-op propvol heerlike sade. Dit is Marie se eie resep. Mens kan die bestandeld halveer, maar as jy die hele hoeveelheid maak, dan hou dit mos lekker lank!

Bestandele:

2,5 Volkoringmeel
1 Pak semels
1 Groot pak hawermout
4 Koppies sonneblomsade
2 Koppies sesamesade
2 Kopies lynsaad
3 Koppies klapper
6 Koppies suiker
7 Teelepels sout
12 Teelepels bakpoeier
12 Teelepels koeksoda
1 Bottel Canola olie OF 1 kg Stork  (bak) margarien
14 Eiers
4 Liter karringmelk
Genoeg water om 'n stywe deeg te vorm
7 Broodpanne

Metode:

1. Vryf die olie in die volkoringmeel en voeg dan alle droë bestanddele by.
2. Klits die eiers net deur met water.
3. Voeg karringmelk by die geklitste eiers.
4. Meng nou die karringmelk- en eiermengsel by die droë bestandele in.
5. Voeg genoeg water by om 'n redelik stywerige deeg te vorm, sodat jy dit met 'n lepel in die broodpanne kan skep.
6. Skep in 7 panne en bak vir 1¼ uur by 180 °C.
7. Laat afkoel en sny die beskuit sulke langetjies en droog uit vir 6½ uur teen 100 °C.
8. Marie sny een beskuitbrood in 9 eweredige snye en dan verdeel sy weer elke sny in drie, dan is dit so 'n lekker lang beskuitjie wat maklik is om te hap.
 

Geniet die beskuit saam met 'n lekker koppie koffie en mooi groete van huis tot huis

 

 

Koshuis Volkoring-saadbeskuit

Marie se eie Koshuis Volkoring-saadbeskuit. Hierdie resep is vir 'n groot hoeveelheid smaaklike beskuit. Studente sal dit verslind en jy sal nog meer moet bak! Die smaak is uitstekend en verbeter as mens dit bietjie langer kou. Die sade in hierdie resep maak dit een van Marie se top vakansie-resepte.

Bestandele:

2,5 gk "Nutty Wheat" of volgraanmeel
1 kg semels
1 kg hawermout
1 Groot pak All Branvlokkies
1 Groot pak Rice Krispiesvlokkies
1 Groot pak Post Toasties of ander graanvlokkies
2 Koppies sonneblomsade
1 Koppie sesamesaad
1 Koppie of  lynsaad
'n Halwe koppie ander saad soos poppiesaad as jy lus is
6 Koppies suiker
20 Eiers geklits
5 Teelepels sout
20 Teelepels bakpoeier
Vet vrye melk

Metode:

1. Meng droë bestanddele naamlik die volgraan, die semels, die hawermout, die All Bran, Rice Krispies en Post Toasties of ander graanvlokkies. Voeg die res van die droë bestanddele by en meng.
2. Kilts die eiers en meng in die droë bestanddele in.
3. Voeg die vet vrye melk by om beskuitdeeg te maak.
4. Sit die deeg in broodpanne (5 tot 7 panne)
5. Bak vir ongeveer 1 na 1¼ uur op 180 °C.
6. Wanneer die beskuit gaar is, laat dit afkoel. Sny in dik broodsnye en sny dan elke sny weer in 3 stukke.
7. Droog die beskuit vir ongeveer 6½ ure by 100 °C.

Hierdie sadebeskuit is lekker en heerlike kou-versnaperings. 'n Bordjie vol van hierdie beskuite is 'n oulike geskenk vir die vakansietyd.

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Meer oor Marie
Gebed
Galery
Calvinia
Resepte
Kontak

SitemapWerfkaart Home/TuisUp/OpMeer oor MarieGebedGaleryCalviniaResepteKontak

ARK: Owl in a tree * ARK Uii in 'n boom

 

Kaleidoskoop

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

ADSA Klein Advertensies

 

swallowsoftware.arkpark.net
 Calgary Alberta

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bekering

'n Christen ...

Bybelteks

Bible Text