Skilder Marie Smith ontwerp deur ARK Webontwerp

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpMeer oor MarieGebedGaleryCalviniaResepteKontakLiggingAlbumHantamhuisTankwaLittle Canyon

LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief.
Die inhoud is laas in 2012 opgedateer
NB: This site is part of ARKpark's archive.
The content was last updated in 2012

 
 Revised: February 7, 2023 ** Hersien: 7 Februarie 2023

 

    

 
English

 

 

Calvinia

Lê die dorpie Loeriesfontien aan jou oostekant, Lambertsbaai by die Atlantiese oseaan aan jou westelike sy, Sutherland met sy bekende sterreprag aan die suide en die kragtige Hantamberge direk aan die noorde? Dan is jy waarskynlik in die pragtige dorp Calvinia.

Hierdie dorp, ryk aan geskiedenis, deurdrenk met kultuur en gevul met gemoedelike, hartlike vriendelikheid, is gestig in 1851 en vernoem na een van die groot leiers van die Hervorming, Johannes Calvyn.

Interessante besienswaardighede soos die Hantamhuis, die Calvinia Museum en die groot Blomposbus, is alles deel van die dorp. Met 'n aantal heerlike gastehuise en geboue soos die Boekehuis, vind die besoeker, toeris en kunstenaar aangename verblyf, ontspanning en tonne inspirasie.

Die omgewing is geseën met besondere natuurskoon. Met 'n klimaat wat baie warm en droog kan word in die somermaande en koue winterstye, is hierdie Karoogebied meer as uniek.

Teen die verwagting in, is daar 'n wonderlike veelsydigheid aan diere- en plantelewe wat nét in hierdie gebied voorkom. Plante soos die glansooggousblom, geelbotterblomme, aalwyne en kokerbome word in hierdie gulhartige plattelandse kontrei aangetref. Bloukopdrawwertjies, die vaalkorhaan (in Engels genoem Karoo korhaan), flaminke en groenbossangers is oa deel van die rykdom aan voëls en bakoorjakkalse, gemsbokke en erdvarke vind 'n tuiste in hierdie buitengewone landelike gebied.

Met al dié mooi dinge: Die besondere natuur, die Hantamberge wat in die somer gloei van hitte en in die winter soms 'n sneeubedekte kruin het en die gebied sprokiesagtig versier, vind die skilder, Marie Smith, groot inspirasie vir haar geloofslewe en vir die temas en inhoud van die pragtige taferele van haar skilderye. Sy het fyn aanvoeling vir subtiele kleurnuanses en die veelsydige atmosfeer van dié aspekte wat haar lewe beïnvloed en vind vreugde in die feit dat sy dit deur haar skildertalent kan deel.

 
Besoek Marie se Galery vir foto's van sommige van haar skilderye
Lees meer oor die kunstenaar, Marie Smith
Foto's van Calvinia se besienswaardighede
Meer oor Tankwa Nasionale Park
Little Canyon Staproetes
Marie se gunsteling resepte
 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Meer oor Marie
Gebed
Galery
Calvinia
Resepte
Kontak
Ligging
Album
Hantamhuis
Tankwa
Little Canyon

SitemapWerfkaart Home/TuisUp/OpMeer oor MarieGebedGaleryCalviniaResepteKontak LiggingAlbumHantamhuisTankwaLittle Canyon

ARK: Owl in a tree * ARK Uii in 'n boom

 

Kaleidoskoop

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

ADSA Klein Advertensies

 

swallowsoftware.arkpark.net
 Calgary Alberta

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bekering

'n Christen ...

Bybelteks

Bible Text