Skilder Marie Smith ontwerp deur ARK Webontwerp

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpLiggingAlbumHantamhuisTankwaLittle Canyon

LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief.
Die inhoud is laas in 2012 opgedateer
NB: This site is part of ARKpark's archive.
The content was last updated in 2012

 
 Revised: February 7, 2023 ** Hersien: 7 Februarie 2023

 

    

 
English

 

 

Calvinia Besienswaardighede

Talle aangename en gedenkwaardige besienswaardighede is deel van Calvinia en die pragtige omliggende natuurgebied van die Hantam.

Lees gerus ook meer oor die Tankwa Nasionale Park en Little Canyon Staproetes.

 
 
Kliek op 'n foto vir 'n groter weergawe
   

Hantamberg

Die Hantamberg in al sy glorie. Hier kan uself die moeiliker dele klim of bring u gesin saam en klim die makliker dele saam met die gesin. In 'n goeie reënseisoen is daar drie watervalletjies waar daar lekker uitrus kan word. Die Skoorsteenkoppie is nogal 'n uitdaging, maar die moeite werd om te probeer.

Marie Smith se webwerf: Hantamberge

   
   

Marie Smith se webwerf: Kerk in Calvinia

Kerk

Die Neo-Gotiese gebou van die N.G. Kerk is opgerig gedurende 1899-1902. Dit is 'n Nasionale Monument.

   
   

Die Blomposbus

Hierdie posbus staan in Calvinia se hoofstraat en het 'n hoogte van 6.17 meter, 'n omtrek van 9.43 meter en 'n volume van 7.068 kubieke meter.

Marie Smith se webwerf: Blomposbus in Calvinia

   
   

Marie Smith se webwerf: Karoo Boekehuis in Calvinia

Karoo Boekehuis

Die huis dateer uit 1855. Dit is in 1993 gerestoureer met die doel om aan skrywers die geleentheid te gee om hier te kom bly en werk. Dit bevat 'n uitgebreide versameling werke van Karoo-skrywers. Die huis word ook gebruik vir byeenkomste van kulturele aard.

   
   

T-vormige Victoriaanse huis

Hierdie T-vormige, vroeë Victoriaanse huis, is in 1855 gebou. Twee windveergewels is in 1890 aangebou toe die oorspronklike rietdak met 'n sinkdak vervang is. Die huis het ses oorspronklike nagmaalkamers in die agterplaas.

Marie Smith se webtuiste: Victoriaanse huis in Calvinia

   
   

Marie Smith se webwerf: Calvinia Museum

Calvinia Museum

Die ou Sinagoge, tans die Calvinia Museum. Die hoeksteen van die sinagoge is op 14 Junie 1920 gelê. Dit is as Sinagoge gebruik tot 1968 tot die Joodse Raad van Afgevaardigdes dit aan die Calvinia Munisipaliteit geskenk het om as museum te gebruik.

   
   

Calvinia Museum

Hierdie pragtige en elegante ou gebou wat voorheen 'n losieshuis was, bekend as Nesta, is tans deel van die Calvinia Museum.

Marie Smith se webwerf: Calvinia Museum

   
   

Marie Smith se webwerf: Noordwester Uitgewers in Calvinia

Noordwester-Uitgewers

Hierdie eiendom is 'n goeie voorbeeld van 'n agterplaas met nagmaalkamers. Die geboue is deur die jare gebruik as huis en winkel vir verskillende persone, meestal Jode. Tans word die geboue gebruik as drukkery en kantore vir die uitgewers van die dorp se weeklikse koerant sedert 1917, naamlik die Noordwester. Oorblyfsels van 'n put en stalle is tydens werk aan die geboue gevind

   
   

Stoomlokomotief

'n Klas 24 stoomlokomotief wat vroeër op die Hutchinson-Calvinia lyn gebruik is. Tans deel van die Calvinia Museum.

Marie Smith se webwerf: Stoomlokomotief in Calvinia

   
   

Marie Smith se webtuiste: Tuishuis

Tuishuis

Hierdie huis is in 1870 gebou. Dit is gerestoureer met tipiese Karoo-rustiekwerk. Die huis word gebruik as 'n gastehuis.

   
   

Russiese Victoriaanse Huis

Hierdie Victoriaanse huis is in 1897 deur 'n Russiese Jood laat bou. Die bouwerk is gedoen deur twee Russiese bouers. Boumateriaal is vanaf Ceres per perdewa aangery teen een pond (sterling) per 100 pond vrag.

Marie Smith se webtuiste: Victoriaanse Huis in Calvinia

   
   

Marie Smith se webwerf: Transportwa (Calvinia)

Transportwa

Transportwa wat tot laat in die 20ste eeu gebruik is om voorrade vanaf Klawer, die naaste spoorwegstasie aan Calvinia, te vervoer.

   
   

Victoriaanse styl Gastehuis

Victoriaanse huis met windveergewels, dateer uit ongeveer 1850. Die huis het gedurende die Anglo-Boereoorlog afgebrand, is weer opgebou en is later gerestoureer tot sy volle glorie. Tans word dit bedryf as 'n gastehuis.

Marie Smith se webwerf: Gastehuis te Calvinia

   
   

Marie Smith se webwerf: Hantamhuis in Calvinia

Die Hantamhuis

Hierdie pragtige huis is 'n museum in eie reg, met allerhande lekkernye om te geniet en oulike dinge om na te kyk.

 

Lees meer

   
   

Blommeprag

Daar gaan min jare verby dat Calvinia nie kan spog met 'n kombers van blommeprag nie. Daar is niks wat vergelyk kan word met die asemrowende beeldprag van die velde nie, selfs die Namakwalandse blomme steek swak af teen hierdie skouspel naby Toren.

Marie Smith se webwerf: Blommeprag naby Toren

   
   
 
 
Besoek Marie se Galery vir foto's van sommige van haar skilderye
Lees meer oor die kunstenaar, Marie Smith
Marie se gunsteling resepte
 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Ligging
Album
Hantamhuis
Tankwa
Little Canyon

SitemapWerfkaart Home/TuisUp/OpLiggingAlbumHantamhuisTankwaLittle Canyon

ARK: Owl in a tree * ARK Uii in 'n boom

 

Kaleidoskoop

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

ADSA Klein Advertensies

 

swallowsoftware.arkpark.net
 Calgary Alberta

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bekering

'n Christen ...

Bybelteks

Bible Text